Redenaars
Ons almal weet dit verg moed om ‘n toespraak voor ‘n gehoor te lewer. Die doel van die redenaars is om die kans gegee te word om jou eie mening te gee, jouself te kan uitdruk en moed op te bou om voor ‘n gehoor te staan. As jy senuwees van staal het, kom loer gerus in!
By die redenaars word ‘n ATKV-tema aan jou toegeken. Jy skryf ‘n toespraak waarin jy jou eie mening kan gee en ‘n gehoor van jou standpunt te probeer oortuig. Dis hope pret!
Kom loer gerus in. Werkswinkels word aangebied! Hou d6 en die inligtingsbriewe dop.