Juniorkoor
Laerskool Unika se Juniorkoor, onder leiding van Elana Neethling, is aangewys as die derde beste Juniorkoor landswyd in die ATKV Applous koorkompetisie. Die koor neem graag deel aan koorfeeste en kompetisies waar hulle uitstekende resultate behaal.
Die Juniorkoor vermaak gehore graag met ‘n diverse repertorium en sing graag werke van Suid-Afrikaanse komponiste. Elana streef daarna om aan Suid-Afrikaanse komponiste blootstelling te gee.
Een van die Juniorkoor se hoogtepunte was toe hulle saam met Appel opgetree het. Die Juniorkoor se gunsteling liedjie is Asblik-affêre. En hulle hou van uitdagings en oefen nou al reeds om liedere wat meerstemmig is baas te raak.
Saam met hulle begeleiers Marga Sanders en Magdalene de Vries vorm hulle ‘n wenspan wat die liefde vir musiek en koorsang by elke koorlid kweek.
Seniorkoor
Laerskool Unika se seniorkoor, wat beter bekend staan as die Dinamieke, is ‘n buitengewone laerskool koor wat strewe daarna om buite die boks te dink. Die Dinamieke neem deel aan kompetisies soos Kollig en Sing in Harmonie en sing graag by plaaslike koorfeeste. Ons Dinamieke het in 2022 hul eie musiekvideo gemaak,
Ons streef dus om die beeld van skoolkore een noot op ‘n slag, te verander.