Graad EEN
Huiswerk
- Huiswerk moet van Maandae tot Donderdae onder ‘n volwassene se toesig voltooi word.
- Indien daar ’n probleem was en die leerder nie sy/haar huiswerk kon voltooi nie, kommunikeer dit asb. in die kommunikasieboekie aan die klasonderwyseres.
Lees
- Was hande en skep ’n rustige atmosfeer.
“Everyone is a reader…… Some just haven’t found their favorite book yet.”
Skryfbehoeftes
- Die verbruikbare skryfbehoeftes moet u self aankoop.
- Merk alle skryfbehoeftes duidelik.
- Indien ’n leerder se skryfbehoeftes opgebruik is voor die einde van die kwartaal, sal u gevra word om dit aan te vul.
Geld
Snoepiegeld
- Enige bestellings by die snoepie vir kos, moet voor skool deur die ouer/voog of leerder geplaas word.
- Graad 1-leerders mag slegs op ‘n Donderdag, na tweede pouse, die snoepie besoek.
Afwesighede
- Indien ’n leerder vir ’n dag afwesig was, moet die ouer die klasonderwyseres skriftelik d.m.v. ‘n e-pos of die kommunikasieboekie, inlig wat die rede vir afwesigheid was.
- Indien ’n leerder meer as twee dae afwesig was, moet ’n doktersbrief by die klasonderwyseres ingehandig word op die eerste dag wat die leerder weer terug is by die skool.
Siekte en allergieë
- Dit is noodsaaklik om registeronderwysers en kantoorpersoneel in te lig van enige ernstige allergieë.
- Dit is die ouer/voog se verantwoordelikheid om die nodige medikasie by die kantoor in te handig met duidelike instruksies asook die leerder se naam en graad.
Af-en-oplaai van kinders
- Die skool begin stiptelik om 07:30.
- Die Graad 1-leerders verdaag om 13:05.
- Geen ouer mag voor die klasse wag vir leerders nie.
Kospakkies
- Gesonde en voedsame kos en water moet vir u kind ingepak word. Geen lekkers of gaskoeldrank nie.
Leerders se skrifte en werkboeke
- Leerders se skrifte en werkboeke word van tyd tot tyd huis toe gestuur.
Buitemuurse aktiwiteite
- Moedig u kind aan om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem. Dit is belangrik vir hulle sosiale- en emosionele ontwikkeling.
Kleredrag
- BL (Bewegingsleer) vir Graad 1-leerders is op ‘n Donderdag.
- Dit is die enigste dag van die week wat leerders met hulle BL- klere mag skool toe kom.
- Maak seker dat u kind elke dag die korrekte- en skoon skooldrag dra.
- Alle klere moet DUIDELIK gemerk word met die leerder se naam en van, nie net ‘n afkorting bv. AB nie.
Verjaarsdae
- Indien u iets skool toe wil stuur, sal verjaarsdagpakkies of kolwyntjies raadsaam wees.
Assesseringskaal
- Die 7-vlak skaal word gebruik.
D6 Kommunikeerder
- Laai School Communicator af om belangrike inligting en dringende kennisgewings van skool te ontvang.