#UNIKANETBAL
Netbal
#unikanetbal word aangebied vir 0/6 tot 0/13-spelers tydens die tweede kwartaal van die jaar.
Mini-netbal
Die 0/6 tot 0/8-dogters speel mini-netbal en neem deel aan die jaarlikse TAU-toernooi in Mei.
Die 0/9-dogters neem jaarliks aan vriendskaplike toernooie gedurende April en Mei deel. Die verskeie posisies word op ‘n rotasie basis toegepas en vaardighede word tydens hierdie wedstryde aangeleer.
Senior-netbal
Die 0/10 tot 0/13-dogters neem aan onderskeie ligawedstryde deel en netbalklinieke word aan die begin van die seisoen aangebied. Die onderskeie netbalspanne word ook jaarliks uitgenooi na verskeie toernooie en spelers kry die geleentheid om teen ander skole in ander provinsies kragte te meet.
By Laerskool Unika kry elke dogter die geleentheid om hul potensiaal op die netbalbaan uit te leef. Ons het A- tot D-spanne om elke dogter ‘n plek in ‘n span te gee.
Die 0/10- tot 0/13-spanne neem jaarliks deel aan die D10-liga. Die dogters speel 6 wedstryde vir die seisoen en uitslae word na die Gauteng-distrik gestuur.